Karookraal is 'n nuwe ontwikkeling in die ouer gedeelte van Hartenbos en is op die Hartenbosrivier tussen die N2-snelweg en die see geleë. Die ontwikkeling sal wonings met 'n egte Karoogevoel en styl oplewer, met die windpomp as die sentrale element in die ontwerp.
Laaste ontwikkelingsgrond in die ou Hartenbos. Noorduitsig oor die Hartenbosrivier en na die Outeniekwaberge.
Karookraal sal ten volle ommuur wees met ‘n ingangshek, wat vir 24-uur bemande sekuriteit ontwerp is, met ‘n verbylaan vir trokke.
R5 950 000.00 (geen hereregte nie)
Dubbel garage
4 Slaapkamers
3 Badkamers
Groot Oopplan Leefarea
Binnebraai
U maak die erfkeuse en besluit oor u tipe huis; hetsy 'n standaardontwerp of 'n spesiale ontwerp;
Die koopkontrak word dan volledig ingevul. Die agent sal u help met die totale begroting; dit is die erfprys, verwagte bouprys asook u direkte uitgawes;
Die bedrag van u benodigde verband word ook op die kontrak ingevul;
Die R10 000 deposito word aan Stadler & Swart prokureurs betaal;
Die agent stuur u inligting aan die prokureurs sodat u deposito belê kan word.
Die ontwikkelingsbestuurder, Riaan Stander, sal u kontak om die huisontwerp met u te bespreek en om u spessifieke behoeftes en spessifikasies te bepaal;
Die argitek, Francois Van Zyl, sal u behoeftes in 'n sketsplanformaat op u betrokke erf vir u goedkeuring voorsien;
Indien u met die sketsplan gemaklik is, word die plan volledig gemeet om die bouprys volgens u spessifikasies te finaliseer;
Indien u gemaklik met bostaande bouprys is, word die boukontrak geteken.
Beide die erf se koopkontrak en die boukontrak word benodig om die verbandaansoek te loods. Ons voorsien bostaande aan Sonet Calitz van Mortgage Max wat u sal kontak en die verbandaansoek namens u sal dryf.
Die prokureurs kry eers opdrag om die erf te registreer wanneer beide die kontrakte geteken is en die verband (indien enige) goedgekeur is. U kan dus nie 'n erf sonder 'n boukontrak koop nie;
Die registrasie van die erf in u naam neem ongeveer twee maande.
Tydens hierdie twee maande word u bouplan (met al u insette) vir munisipale goedkeuring ingedien;
Met ontvangs van u goedgekeurde bouplanne word die boukontrak by die NHBRC registreer, waarna die sewe tot agt maande bouperiode begin.
Terme en voorwaardes van toepassing.